Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Papajabos" deur D.J. OPPERMAN
"Papajabos" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #16566] Di, 04 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
PAPAJABOS
(Uit "Kroniek van Kristien")
D.J. Opperman

Tussen die papajabome onder 'n geel maan
het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
met oë toe en sywaarts uitgestrek...
In die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
en suig aan druppels dat sy vol uitdy
van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
terwyl die netwerk van haar skouerare
swel langs kaal arms af tot by die blare
waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
Toe prewel sy haar preek: "Al is ons vas
as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
ewig in die spel gevange van bevrug,
is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
dat ons kan losdans sonder om te roer" ...
Sy sien die ou man met die byl aanstap
en onder aan die stam begin hy kap en kap
totdat die boom meteens uitskree
en aan die vrou geboorte gee...
Vorige onderwerp: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Windsbruid" deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:49:54 MGT 2024